Grumman F-14 Tomcat

F-14 Tomcat
'n F-14 Tomcat vlieg op 'n missie oor die Persiese Golf
Tipe Meerdoelige onderskepper
Vervaardiger Grumman
Ontwerp deur Grumman
Nooiensvlug 21 Desember 1970
Vrygestel 22 September 1974
Onttrek 22 September 2006 (VS Vloot)
Status In gebruik deur Iranse Lugmag
Hoofgebruiker Amerikaanse Vloot (histories)
Iranse Lugmag
Vorige gebruikers Amerikaanse Vloot
Vervaardig 1969-1991
Aantal gebou 712
Eenheidskoste VS$ 38 miljoen (1998)
Laaste katapultlansering, 28 Julie 2006

Die F-14 Tomcat is 'n Amerikaanse supersoniese tweesitplek, veranderlike-swiepvlerk meerdoelige vegvliegtuig wat deur Grumman ontwerp en gebou is nadat 'n kontrak in Januarie 1969 deur die Amerikaanse Kongres toegeken is. Die Tomcat is ontwikkel vir die Amerikaanse Vloot se Vlootvegter-eksperimentele (VFX) program na die ineenstorting van die F-111B projek. Die F-14 was die eerste van die Amerikaanse tienerreeks vegters, wat ontwerp is deur integrasie van luggevegservaring teen MiG vegters tydens die Viëtnamoorlog.

Die F-14 was toegerus met 'n unieke wapen vir sy tyd: die AWG-9 radargeleidingstelsel gekoppel aan AIM-54 Phoenix lug-tot-lug missiele. Hiermee kon lugteikens selfs verder as 150 km opgespoor en afgeskiet word. Die AWG-9 is 'n polsdopler multimoderadar wat verskeie lugteikens gelyktydig kan monitor en aanval.

Alhoewel hierdie stelsel reeds in die 1960's ontwerp is en nou een van die oudste lug-tot-lugradargeleidingstelsels is, bewys dit hoe ver dit sy tyd vooruit was. Dit is nog steeds in gebruik, en verskeie toestelle word deur middel van sagteware-opgraderings verseker van 'n operasionele lewe tot in 2015.

Die F-14 was in staat om met hierdie stelsel tot 24 teikens gelyktydig te volg, en tot ses indringers op langafstand af te skiet met die Phoenix-missiele. Vir ander doeleindes is die vliegtuig aangewese op sy AIM-7 Sparrow en AIM-9 Sidewinder missielwapentuig.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search